Vrou maak lewe uit groente in ‘viswater’

Vrou maak lewe uit groente in ‘viswater’

Vrou maak lewe uit groente in ‘viswater’

Die bedryfspan van ‘n nuwe akwakultuur­plaas in die Vaaldriehoek het by Gautengse hotelle en restaurante gaan hoor watter slaai en garnering hulle graag gebruik voordat hul­le hul boerdery begin het.

By die maatskaplike landbouprojek, onder leiding van die humanitere ontwikkelingsor­ganisasie Inmed Suid-Afrika, gaan mense ge­leer word hoe om hul eie akwaponika-boer­derye te bedryf.

“Jy kan akwaponika op enige plek doen, of dit nou in Bapsfontein of Pofadder is;’ se Ja­net Ogilvie, Inmed SA se bedryfsbestuurder, aan Rapport. Geen gespesialiseerde toerus­ting is nodig nie, net basiese boumateriaal en ‘n waterpomp wat jy enige plek kan koop.

Daar is reeds so ‘n projek by Pella in die dorre Noord-Kaap wat ‘n inkomste vir ‘n groep vroue inbring. Hulle gee ook groente vir hongeres en le ekstra groente in.

Die Instituut vir Internasionale Medisyne (Inmed) bedryf onder meer klimaatslim-land­bouprojekte en programme vir kinders se ge­sondheid en voeding in sowat 100 lande.

Inmed se Suid-Afrikaanse filiaal, wat in 2006 gestig is, het in November verlede jaar ‘n 15 ha-plaas by ‘n skoal in Vanderbijlpark begin huur en ‘n akwakultuur-stelsel daar in­gerig.

Mooi, jong blaarslaai-, wilde roket- en basi­liekruid-plantjies staan fier in hul beddings van gruisklippies.

Vir die eerste stelsel is sowat 500 manlike tilapia-vissies (ook bekend as kurpers) in elk van die vier vistenks in ‘n plastiek-kweekhuis gesit. Manlike visse groei vinniger as vrouli­kes. Sodra hulle minstens 500 gram
weeg, word hulle verkoop en ver-vang met klein vissies.

Die visse, wat kommersiele viskos gevoer word, stel am­moniak (‘n gas) vry. Die am­moniakryke water word na die kweekhuis langsaan gepomp en deur PVC-pype in die plantbed­dings gedrup.

Die plante trek die ammoniak uit die water, waarna die water na die visse terugge­pomp word.

Gruis word as groeimedium vir die plante gebruik omdat grand die pompstelsel sal ver­stop, se Ogilvie.

Net 10% van die water word weekliks met vars water aangevul weens verdamping.

Die saailinge wat in die gruisbeddings ge­plant word, word van saad in ‘n ander kweekhuis gekweek.

Die sowat 300 plante in elke gruisbedding word na ses weke geoes en lewer na verwag­ting ‘n inkomste van sowat R3 000 per oes.

Volgens Unathi Sihlahla, programdirekteur van Inmed SA, het hulle reeds potensiele ko­pers in die hotel- en restaurantbedryf.

In nog ‘n kamer word fyn groengoed (mi­crogreens) vir die garnering van kos in panne gekweek. Die saadjies van mosterd, radys en beet ontkiem in ‘n groeimedium van fynge-maakte kokosneutdop.

Die kamer word met ligte verwarm en die lug word gereguleer deur waaiers en ‘n toestel wat die lug uitdroog. Elke twee weke is dit oes­tyd.

Volgens Sihlahla is daar ‘n casino in Gauteng wat R350/kg vir sulke garnering betaal.

Uiteindelik wil hulle 7 ton vis per jaar  aan gemeenskappe en restaurante lewer. Hulle hoop om duisende mense in die vol­gende ses jaar in akwakultuur op te lei, se hy.

“Weens klimaatsverandering het akwakul­tuur noodsaaklik geword omdat dit water be­spaar. Dis ‘n eenvoudige landboumetode en nie juis arbeidsintensief nie.”

Hy se toe Inmed in 2017 ‘n groep vroue by Pella met hul projek begin help het, het ‘n hooggeplaaste van die dorp gese: “Daar moet iets verkeerd met julle wees.”

Aanvanklik het die vrou sowat R500 per jaar gemaak. Nou is dit al ‘n paar duisend rand, se Sihlahla.

Click to read full article.